Stella Marisgebou is geleë op die strand van Amanzimtoti aan die Suidkus van KwaZulu–Natal – deel van die pragtige ‘Saffier’ kusgebied.
Dit is 25kms vanaf die middestad van Durban en Ushaka Marineworld. Die Wildekus is net meer as ‘n uur se ry na die Suide. Amanzimtoti is die ideale plek vir ‘n bekostigbare gesinsvakansie en beskik oor alles wat ‘n vakansieganger graag wil hê – pragtige veilige strand (met haainette en lewensredders); visvangplekke; moderne winkelsentrum; flieks, eetplekke; tenpin rolbal; waterglybane; voëlreservaat; en vele ander fasiliteite.